Van Loveren bied aan: Joshua na die Reen

Saturday, 28 November, 2026
Van Loveren
TIME:    18h00
COST:    From 180 pp
VENUE:    Van Loveren Family Vineyards, R317,
Robertson
MAP

Sluit by ons aan by Van Loveren vir ‘n onvergeetlike aand saam met Joshua na die Reën, in die hart van die Robertsonvallei met die berge agter ons en die wingerde rondom op 28 November.

Somer is gemaak vir goeie musiek, goeie wyn en goeie geselskap. Dit is lekker om julle uit te nooi na ‘n onvergeetlik ervaring met JNDR (Joshua na die Reen), in die hart van die Robertsonvallei, in die atmosfeer van die berge, in die wingerde by Van Loveren.

Geniet lewendige musiek, heerlike kos, Van Loveren-wyne en die warm, ontspanne gasvryheid van ons familieplaas.

Summer evenings are made for good music, good wine and good company. Join us at Van Loveren for an unforgettable evening with JNDR (Josha na die Reen), set in the heart of the Robertson Valley. Enjoy live music, delicious food, Van Loveren wines and the warm, relaxed hospitality of our family farm.

Koste: R180pp

Koste: R1500 per tafel van 10 mense

Tyd: Deure oop: 18:00

Vertoning tyd: 19:00

Kosstalletjies, asook wyn & bier te koop (geen kos/drank van buite)

Meer oor Joshua na die Reën

Dit is al 14 jaar van my lewe wat oorloop met musiek, reis en die buitengewone, amper “anderwêreldse” ervaring om te weet dat daar vriende en fans is wat elke dag na my musiek luister. Ek is getroud met Danél, en ons het 3 amazing kinders. Anán, Elgin en Lonan. Ek is lief vir die natuur, ek is lief vir mense. My lewe is soos joune, in God, en daaruit vloei alles, en is daar ‘n konneksie tussen alles. Ons is deel van mekaar. My gunstelling plek is buite, iewers ongerep. Ek skryf nogal gereeld oor hiérdie katedraal.

Dit is nie eintlik belangrik nie, maar ek het musiek geswot. Ek het my graad in Jazz klavier. Ek het al ‘n paar toekennings gewen en groot verhoë met groot kunstenaars gedeel. Maar al wat eintlik waarde het en saakmaak, is dat ek ‘n mens is wat lief is om stories te deel, veral, en somtyds vermoed ek, meeste van die tyd, oor wie God vir my is. En waar ek Hom al gevoel het. Daar is nie ‘n limiet nie. Daar is nie ‘n sekere styl nie. Net wie ek en jý is, daai egte plek diep binne ons.

Joshua na die Reën is nie ‘n stage naam nie. Dis simboliek vir die gang van die lewe. Die afbreek van mure en die groei na die reën.

Liefde

Jacques