Thursday, 29 October, 2026
Ken Forrester
Dominique Botha se skryfwerk is ’n helder portret van die Suid-Afrikaanse landskap – geografies, psigies en eties. Haar outobiografiese fiksie deurkruis die Hoëveld en strek tot in Europa, roep familie-argiewe, hotelkroeë, bekendes en berugtes op. Die diepgaande, die eksentrieke, die humoristiese, die melancholiese – dit alles beskryf sy.
Sluit gerus by ons aan in die Wine Lounge by Ken Forrester Wines op Donderdagaand 29 Oktober tussen 18h00 tot 21h00 waar Dominique met boekmens Jonathan Amid in gesprek sal wees oor haar skryfwerk en veral oor haar nuwe publikasie, Die huilende bruid en ander versinsels, wat ook vertaal is.
Verwag die onverwagse! Die geleentheid beloof oudergewoonte ’n onvergeetlike aand van uitsonderlike wyn, heerlike kos, samesyn uit die boeke en voortreflike gesprek. Ken Forrester wyn sal ook teen ’n spesiale prys te koop wees, met Dominique se boeke wat te koop aangebied sal word.
Die prys is R250 per persoon en sluit in ’n glas wyn, ’n ligte ete en toegang tot die gesprek tussen Jonathan Amid en Dominique Botha.
Koop jou kaartjies HIER.