Saturday, 12 September, 2026
Ferdi van Dyk
Hosted at the Alumni Clubhouse, this year’s showcase will feature more than 20 winemakers presenting a selection of exceptional wines. Whether you are a seasoned wine enthusiast or simply looking to enjoy a memorable Homecoming experience, this event offers a unique opportunity to connect with fellow Maties while discovering some of the finest wines produced by our alumni community.
Selected food vendors will be available throughout the day, offering a variety of delicious food options for purchase.
Tickets are R200 per person and includes a wine glass and tasting pass. Available via Quicket.
-----
’n Gunsteling op die Tuiskoms-kalender, die Matie-wynmakersvertoning bring alumni, wynliefhebbers en vooraanstaande Matie-wynmakers bymekaar vir ’n middag van wynproe, gesprekke en viering.
Die geleentheid word by die Alumni-klubhuis aangebied en sal vanjaar meer as 20 wynmakers verwelkom wat ’n keur van uitsonderlike wyne sal aanbied. Of jy nou ’n ervare wynkenner is of bloot op soek is na ’n besondere Tuiskoms ervaring, hierdie geleentheid bied die ideale geleentheid om met mede-Maties te skakel terwyl jy van die beste wyne uit ons alumni-gemeenskap ontdek.
Geselekteerde kosverkopers sal deur die dag beskikbaar wees en 'n verskeidenheid heerlike eetopsies te koop aanbied.
Kaartjieprys is R200 per persoon en sluit ’n wynglas en proepas in. Beskikbaar deur Quicket.