The Bookshelf vierde geleentheid by Ken Forrester

Thursday, 17 September, 2026
Ken Forrester
TIME:    18h00
COST:    R250 pp
VENUE:    Ken Forrester Wines, Hoek van R44, Winery road
Stellenbosch
MAP

Kom sluit gerus by ons aan in die Wine Lounge by Ken Forrester Wines op Donderdagaand 17 September tussen 18:00 tot 21:00 vir die vierde geleentheid van The Bookshelf.

Sonder om enigsins te oordryf lewer 2026 ‘n voortreflike oesjaar wat misdaadfiksie en spanningsverhale in Afrikaans betref. Die vierde aflewering van The Bookshelf at Ken Forrester Wines was juis saamgestel met die oogmerk om ‘n keur van hierdie uitstaande boeke te help verhelder, soos net ‘n intieme, diepgaande gesprek tussen skrywers en onderhoudvoerder en boekmens Jonathan Amid kan. Nie minder nie as vier van ons land se opwindendste stemme sluit dus by ons aan om meer oor hul proses en nuutste publikasies te vertel: Rudie Van Rensburg (Enigma); Carel van der Merwe (Die Serwiër); Martin Steyn (Blinde Kol) en DeWet Bisschoff (Kuberverraad).⁠

Sluit gerus by ons aan in die Wine Lounge by Ken Forrester Wines op Donderdagaand 17 September tussen 18:00 tot 21:00. Dit beloof oudergewoonte ‘n onvergeetlike aand van uitsonderlike wyn, heerlike kos, samesyn uit die boeke en voortreflike gesprek. Landgoedwyn sal ook teen ‘n spesiale prys te koop wees, met al vier die skrywers se nuwe boeke wat te koop aangebied sal word.⁠

Datum: Donderdagaand 17 September 2026 

Tyd: Tussen 18:00 en 21:00.

Plek: Ken Forrester Wines, Hoek van R44 en Winery Road, Raithby, 7600.⁠

Prys: R250. Kaartjies sluit in wyn, ‘n ligte ete en toegang tot die gesprek tussen Jonathan Amid, Rudie Van Rensburg, Carel van der Merwe, Martin Steyn en DeWet Bisschoff.⁠

Koop jou kaartjies HIER