Lente Piekniek by Klawer Wyne

Sunday, 6 September, 2026
Klawer Wine Cellars
TIME:    11h00-15h00
COST:    Vanaf R50
VENUE:    Klawer Wine Cellars, N7, Klawer
Olifants River
MAP

Maak gereed vir ‘n dag van lekker eet en kuier by Klawer Wyne se Lente Piekniek op Sondag, 6 September 2026.

Bring jou gunstelinge en geniet die eerste Sondag van lente op die grasperk van Klawer Wyne met goeie wyn en ‘n gehalte piekniekboks vir twee.

Daar is ‘n lekker groot grasperk vir die kleinspan en kindervermaak (soos springkasteel, roomys, gesigverf en spookasem).

Kaartjies:

  • Volwasse kaartjies: R450 (sluit in ’n piekniekboks vir 2)
  • Kinderkaartjies: R50 (genoeg vir 1 kind)

Die dag begin om 11h00 en onthou piekniekbokse moet voor 12h00 opgetel word.

Bring saam sonbrille, hoed, sonskerm, kombers, stoel, sambreel of gazebo en onthou kontant!

Kaartjies te koop by Adriaan 083 425 0401 of Debbie 084 240 9839.