Netwerk24 en Die Burger se 2026 Wynproefees

Saturday, 30 May, 2026
Netwerk24
TIME:    11h00-17h00
COST:    R350 pp
VENUE:    Meerendal Wine Estate, Vissershok Road
Durbanville
MAP

Kom geniet op 30 Mei 2026 die goue seisoen in die Kaap saam met Netwerk24 en Die Burger, in samewerking met hul vennoot Meerendal, en van die Kaapse Wynland se voorste wynlandgoedere!

Kom proe heerlike wyne uit die Wes-Kaap se wêreldbekende wynstreke – alles onder een dak op die prentjiemooi wynlandgoed Meerendal.

Kaartjies kos R350 per persoon en sluit ’n wynglas in, sowel as die geleentheid om al die uitstallers se wyne te proe.

Daar sal ook wyn verkoop word om gedurende die dag op die grasperk te geniet – of om huis toe te neem. Verlede jaar se wynproefees was 'n fees en dit beloof om vanjaar weer 'n luilekker kuier met goeie wyn te wees.

Al die deelnemende produsente wat hul wyne op die dag gaan ten toon stel sal eersdaags bekend gemaak word.

Kom kuier saam en klink 'n glas op herfs in die Kaap, sowel as al die bobaas-wyne wat vanuit hierdie streek kom. Ons hoop ons sien jou daar!

Stuur e-pos aan samantha.vandenberg@media24.com vir meer inligting.