Pampoenpret werkswinkel by Babylonstoren

Friday, 27 February, 2026
Babylonstoren
TIME:    17h00
COST:    R550 pp
VENUE:    Babylonstoren, Simondium
Franschhoek
MAP

Gesinne word genooi om op 27 Februarie 2026 by Babylonstoren pret te hê met die pampoenwerkswinkel vir kinders wat in Afrikaans aangebied word.

Babylonstoren verwelkom kinders, ma’s en pa’s om saam met ons pampoenfees te vier. Kom saam op die skattejag: ons spring oor die reusepampoen en kruip tot binne-in die Slak, oortrek met rankende kalbasse in allerhande vorms en groottes.

In die Pofadder se maag vertel ons jou meer van verskillende pampoensoorte: Turkse tulband, die plat wit ou boerpampoen, oranje Cinderella, heerlike goue hubbardpampoen, gespikkelde swaan, smullekker muskaat en natuurlik Halloween. Ouers sal hul kinders help om te sny, skep, kap en druk.

Ná al die harde werk steek ons ’n kersie binne-in die pampoen aan. Jy kan dit saamneem huis toe.

Nota: Omdat daar met skerp voorwerpe gewerk word, moet kinders deur ’n volwassene vergesel word. Maksimum twee kinders (tussen vyf en tien jaar oud) per volwassene. Hierdie werkswinkel word in Afrikaans aangebied. Vir navrae kontak asseblief enquiries@babylonstoren.com.

Aangebied deur Terry de Waal en Brent Reid

Ontmoet ons by die Plaaswinkel

Tyd: 17h00 - 20h00

Die koste vir die werkswinkel is R550 per persoon.

Chianina boereworsrolle en oestafel is ingesluit.

LET WEL: Slegs 50 plekke beskikbaar (maksimum 2 kinders per 1 volwassene). Volwassenes moet ook vir hulself plek bespreek.

Kliek HIER om te bespreek.