Steve Hofmeyr Live at Diemersfontein

Saturday, 24 January, 2026
Heroes Live at Diemersfontein
TIME:    17h00
COST:    R250 pp
VENUE:    Die Werf, Diemersfontein Wine Estate, Jan van Riebeeck Drive (R301)
Wellington
MAP

Op 24 Januarie 2026, tree Steve Hofmeyr by Diemersfontein in Wellington op. Verwag nuwe klanke en geliefde gunstelinge.

Steve Hofmeyr bied een laaste gratis konsert aan vir IKOON kaartjiehouers by Diemersfontein in Wellington op Saterdag, 24 Januarie 2026.

Alhoewel dit nie moontlik is om die oorspronklike multi-kunstenaar program of die grootskaalse produksie wat vir die DHL Stadion beplan was, te herskep nie, bly Steve getrou aan sy woord: "Selfs al moes ek heeltemal alleen opdaag, sou ek hierdie vertoning doen." Hierdie konsert is sy manier om daardie belofte gestand te doen en sy dankbaarheid te toon aan sy ondersteuners wat hom al 40 jaar lank getrou volg.

Met sy splinternuwe album DWAAS bring Steve Hofmeyr 'n vars en energieke konsertreeks wat oud en jonk gaan bekoor. Die vertoning sluit kragtige nuwe treffers soos "Dwaas", "Laaste Song", "As Jy My Vind" en "Alleen" in – liedjies wat reeds diep in luisteraars se harte vas steek.

Tussen die nuwe klanke deur sorg Steve natuurlik ook vir die geliefde gunstelinge wat sy aanhangers oor die jare leer ken en liefkry het.

Hierdie is meer as 'n konsert – dis 'n viering van eerlikheid, liefde, verlange en die gekheid van die lewe self.

Die prys is R250 per persoon. Kliek HIER om jou kaartjies te bespreek!

Vrywaringskennisgewing:

Neem asseblief kennis dat iTickets, Bok Radio/Heroes Live en Diemersfontein Wyn-landgoed uitsluitlik Steve Hofmeyr bystaan met die kaartjieverkope vir hierdie nuwe geleentheid. Hierdie geleentheid is heeltemal apart en onverwant aan die voorheen uitgestelde of gekanselleerde Steve Ikoon-konsert.

Alle kaartjienavrae rakende die Ikoon-konsert moet aan die oorspronklike geleentheidorganiseerders gerig word.

Dankie vir u begrip.