Kom kuier saam met Jak de Priester en Beyers Truter om Afrikaans se 100 jaar te vier die 14 October by Drostdy Upstage
Afrikaans én pinotage is vanjaar amptelik 100 jaar oud – en watter beter manier om dit te vier as met dié vertoning waarin die sanger en Koppieteefontein-aanbieder Jak de Priester kragte saamsnoer met Beyers Truter, Suid-Afrika se pinotagekoning, wat ook ’n storieverteller van formaat is. Kom geniet ’n glas uitgesoekte pinotage en luister na die stories en liedjies van dié Bolandse kunstenaars.
Datum: 14 Oktober 2025
Tyd: 12h00 - 14h30
Plek: Drostdy Upstage
Koste: Van R280
Kliek HIER om jou kaartjies te bespreek