La Motte en Die Boer Restaurant: 'n gourmet aand met Pietman Geldenhuys

ARCHIVED PAST EVENT
Die Boer restaurant
TIME:    19h00
COST:    R600
VENUE:    Die Boer restaurant, 6 Chenoweth St, Durbanville
Durbanville
MAP

In ‘n wêreld wat toenemend oorheers word deur fopnuus en “kuber-ervarings”, het die Boer restaurant teater en La Motte Wyn landgoed kragte saamgesnoer om jou ‘n aand te bring van “werklike” goeie kos en wyn gedurende een van hulle seldsame Gourmet-aande.

Kom geniet 6 top wyne geskep deur La Motte wynmaker Edmund Terblanche , vind uit hoe hy hulle maak en hoor 'n staaltjie of twee so “uit die dieptes” van die kelder.

Sjef Werner Wolff van die Boer is reeds welbekend in die Wes Kaap vir sy kos, maar vir hierdie geleentheid het hy 4 spesiale disse geskep om te pas by La Motte se wyne.

En op die verhoog om te help proe en te help eet is Pietman Geldenhuys, bekende musikant en storieverteller.

Ook op die verhoog sal wees mede kos-en wyn liefhebbers en eienaars van die Boer restaurant, Jurgen Human en Margit Meyer-Rodenbeck, om ‘n “agter die skerms” storie of twee te deel uit hulle lewe in die vermaaklikheids bedryf.

SPYSKAART

La Motte Sauvignon Blanc
Verwelkoming

La Motte Syrah
Romerige Bruin Sampioensop met “truffle” olie, en geroosterde ciabatta.

La Motte Chardonnay
Garnale geposjeer in soetrissie- botter en bedien met vars blare en n basiliekruid en songedroogte tamatie pesto

La Motte Pierneef Syrah Viognier
Oondgebakte lamskenkel bedien met kapok-aartappels, geroosterde groente en 'n rooiwyn- en mosterd jus.

La Motte Cabernet Sauvignon
Italiaanse Tiramisu

La Motte Millenium
Afsluiting


Kaartjies vir die aand kos R600, alles ingesluit.

Om te bespreek kliek HIER.