Radio Kalahari Orkes at Elgin Vintners

ARCHIVED PAST EVENT
Elgin Vintners
TIME:    10h00
COST:    R120
VENUE:    Elgin Vintners, Appletiser Road
Elgin
MAP

Radio Kalahari Orkes will be performing live at Elgin Vintners wine farm in the picturesque Elgin Valley on Sunday 15 December 2019.

Bring the family and friends for a fun day out to experience the Afrikaans roots sounds of Radio Kalahari Orkes, when delicious picnic platters, gourmet pizzas and the acclaimed wines of Elgin Vintners will be served.

Gates open at 10h00, show starts at 17h00.

Tickets cost R120 per adult; under 15's enter free

Buy tickets: Quicket

No BYO allowed.

More About Radio Kalahari Orkes

Genre: Afrikaans folk, roots music

Sedert Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 KKNK, het hulle die harte en voete van die hele nasie landwyd opgeëis. Hulle navolgers is so wydversrpeid soos hulle musiek. Afrikaans, Engels, swart, Capies... almal word geraak en geamuseer deur die ‘orkes’. Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Hy lei die orkes in ’n lewendige, soms aweregse vertoning van die beste musiek wat Afrikaans sekerlik tans bied. Hulle kan sing! En mondfluitjie speel, riel dans en kitare slaan...RKO was ’n treffer by Oppikoppi en Innibos. By die KKNK het mense agter hulle aangeloop van vertoning na vertoning. In Pretoria was elke optrede van RKO weke vooruit volbespreek.

Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede uit die hele skatkis van die land se kulture. Op die album word geen genre met rus gelaat nie, van goema tot rock; kwaito tot boeremusiek... en natuurlik nog vele meer. Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, pennywhistle, viool, dromme... en die pragtige Krummelpoppies se agtergrondstemme.

Radio Kalahari Orkes se musiek strek van 'n diep gewortelde plek, wat Ghoema-, Latyns- en Africana-musiek aanneem, insluitend enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Die woorde is egter ferm op die hede.

Radio Kalahari Orkes is op 20 April 2017 vereer met 'n FAK - Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek. Die songs se lirieke draai ook nie doekies om nie. Die hele landskap van Suid-Afrikaner wees word ondersoek - van rugby tot affirmative action, van liefdesleed tot vleis-eet. Uit die pen van Ian Roberts kom ook ‘n skitterende lied oor die baasspeurder Piet Byleveld. Die manne agter meeste van die wysies is hoofsaaklik Ian Roberts en skrywer-joernalis Rian Malan, wat ook sy eie album Alien/Inboorling vrygestel het en met geweldige entoesiasme ontvang is. So, trek aan jou opskopskoene, want hier kom ? ding...

Radio Kalahari Orkes se musiek strek van 'n diep gewortelde plek, wat Ghoema-, Latyns- en Africana-musiek aanneem, insluitend enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Die woorde is egter ferm op die hede. Met akoestiese toerusting amper so oud as hul leuse speel die klanke uiteen: viool, kitare, dobro, mondfluitjie, bas, trekklavier, gazoos en 'n ou Fender Telecaster. Radio Kalahari Orkes is op 20 April 2017 vereer met 'n FAK - Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.