Tuesday, 14 October, 2025 to Thursday, 16 October, 2025
Beyerskloof
Afrikaans én pinotage is vanjaar amptelik 100 jaar oud – en watter beter manier om dit te vier as met dié vertoning waarin die sanger en Koppieteefontein-aanbieder Jak de Priester kragte saamsnoer met Beyers Truter, Suid-Afrika se pinotagekoning, wat ook ’n storieverteller van formaat is.
Kom geniet ’n glas uitgesoekte pinotage en luister na die stories en liedjies van dié Bolandse kunstenaars.
Die koste is van R280 per persoon.
Kliek HIER om jou kaartjies te bespreek!