Kom geniet 6 top wyne geskep deur La Motte wynmaker Edmund Terblanche , vind uit hoe hy hulle maak en hoor 'n staaltjie of twee so “uit die dieptes” van die kelder.
Sjef Werner Wolff van die Boer is reeds welbekend in die Wes Kaap vir sy kos, maar vir hierdie geleentheid het hy 4 spesiale disse geskep om te pas by La Motte se wyne.
En op die verhoog om te help proe en te help eet is Pietman Geldenhuys, bekende musikant en storieverteller.
Ook op die verhoog sal wees mede kos-en wyn liefhebbers en eienaars van die Boer restaurant, Jurgen Human en Margit Meyer-Rodenbeck, om ‘n “agter die skerms” storie of twee te deel uit hulle lewe in die vermaaklikheids bedryf.
SPYSKAART
La Motte Sauvignon Blanc
Verwelkoming
La Motte Syrah
Romerige Bruin Sampioensop met “truffle” olie, en geroosterde ciabatta.
La Motte Chardonnay
Garnale geposjeer in soetrissie- botter en bedien met vars blare en n basiliekruid en songedroogte tamatie pesto
La Motte Pierneef Syrah Viognier
Oondgebakte lamskenkel bedien met kapok-aartappels, geroosterde groente en 'n rooiwyn- en mosterd jus.
La Motte Cabernet Sauvignon
Italiaanse Tiramisu
La Motte Millenium
Afsluiting
Kaartjies vir die aand kos R600, alles ingesluit.
Om te bespreek kliek HIER.