Ons wil die glase klink en jy is uitgenooi! Kom proe heerlike wyne uit die Wes-Kaap se wêreldbekende wynstreke – alles onder een dak op die prentjiemooi wynlandgoed Meerendal.
Kaartjies kos R350 per persoon by Quicket en sluit ’n wynglas in, sowel as die geleentheid om al die uitstallers se wyne te proe. Daar sal ook wyn verkoop word om gedurende die dag op die grasperk te geniet – of om huis toe te neem.
Koffie en enkele ander versnaperinge sal ook op die dag verkoop word. Daarbenewens sal daar ook 'n paar lekker gelukstrekkings op die dag wees. Kom kuier saam en klink 'n glas op herfs in die Kaap, sowel as al die bobaas-wyne wat vanuit hierdie streek kom.
Ons hoop ons sien jou daar!
Stuur e-pos aan samantha.vandenberg@media24.com vir meer inligting.