Dik Deurmekaar met Mel die Storieverteller by die Laborie Audrium

Friday, 28 March, 2025
Laborie Wine
TIME:    16h00
COST:    From R250
VENUE:    Laborie Audrium, Laborie Estate, Taillefer Street, off Main Road
Paarl
MAP

Kom en geniet 'n heerlike skaterlag aand saam met Mel die Storieverteller op 28 Maart 2025 by Laborie.

Mel die storieverteller - Dik Deurmekaar!

Kom en geniet 'n heerlike skaterlag aand saam met Mel die Storieverteller op 28 Maart 2025 by Laborie.

As daar een naam is wat almal in 2023 laat skaterlag het, is dit Mel die Storieverteller. Van internet-sensasie na verhoog-legende, sy laat haar gehore vriendelik verras – en sommer oppie-vloer van die lag!

Haar nuwe vertoning, Dik Deurmekaar, vervaag die lyne tussen ‘n een-vrou-vertoning en ‘stand-up comedy’. Mel deel hoe sy van kleins af al moes aanvaar dat dinge altyd ‘n bietjie deurmekaar gaan wees – van Juffrou Draak se klas tot matriekafskeide en haarstyle wat nie heeltemal uitgewerk het nie.

Dié vertoning is ‘n rollercoaster van nostalgie, skreeusnaakse waarnemings en lekker kwinkslae. En as jy voor sit, wees gewaarsku – Mel mag dalk sommer vir jou ‘n grappie opmaak!

Datum: 28 Maart

Tye: 16:00 & 19:30

Kaartjies: R250

Kaartjie + pizza kombinasie vir net R380 – bietjie ekstra lekkerte vir ‘n bietjie ekstra lag!

Moenie uitmis nie – kom ervaar die chaos en lag saam!

Kliek HIER om jou kaartjie te bespreek