Boeke en Musiek met Churchil Naudé, Jackie Lätti en Riku Lätti

ARCHIVED PAST EVENT
Flagstone Wines
TIME:    13h00
COST:    R120 pp
VENUE:    Flagstone Tasting Room, Flagstone Wines, Paardevlei, Somerset West
Helderberg
MAP

Step into an unforgettable afternoon of books, music and wine with Churchil Naudé, Jackie Lätti and Riku Lätti on 5 October at Flagstone Wines.

Kom geniet 'n onvergeetbare middag saam met die drie skrywers en musikante Churchil Naudé, Jackie Lätti en Riku Lätti op Saterdag, 5 Oktober by Flagstone Wines, Somerset Wes.

Die Wasgoedlyn

Afrikaanse musiek oorspronklik en eerlik, soos dit hoort, op sy heel beste. Magtige woorde met magiese melodië wat na ons wêreld loer met nuwe oë. Staan Nader, Op die maan, Smoorverlief, Hoofstroom en nog vele lekker liedere wat die hart voed en behoed.

Geen twee Wasgoedlynkonserte is dieselfde nie. Daar is wel 'n paar konstantes: Geen opgesmuktheid, net rou, ongerepte musiek, gespeel deur die skeppers self met die hart op die mou, en voila, 'n towerwêreld van oorspronklike klank en liriek is telkemale gebore uit die niet. Churchil Naudé (Rymkletser, Mitchell's Plain), Riku Lätti (Pianis, kitaarspeler, liedjieskrywer, vervaardiger en sanger), Jackie Lätti (Sanger, skrywer en stemkunstenaar): Elkeen 'n ster; elkeen 'n medepligtige om die ander te laat skyn. Die Wasgoedlyn bring immers talent na 'n omgewing met die doel om die talent in die omgewing ook aan die lyn te hang. Samewerking en verspreiding en viering van die skeppende kunste is 'n groot deel van doelwitte van die Wasgoedlyn.

Drie skrywers, drie boeke

Kom geniet ‘n middag saam met die drie skrywers wat sal lees uit hul nuwe werke asook gesels oor die skep daarvan.

Jackie Lätti se boek, die Afrikaanse vertaling Anne van Green Gables, het 5 ster resensies ontvang. Anne word tans op RSG elke weeksoggend voorgelees om 10h45. Die vertaling is kleurryk en vol vars beeldspraak wat die boek vir ‘n Afrikaanse gehoor eien. Koos Kombuis noem dit "een van die beste vertalings wat ek nog ooit gelees het".

Taboek deur Riku Lätti het so pas verskyn en reeds is die woord uit dat dit "monumentale werk" is. Dit is Riku se lewensfilosofie in digvorm uiteengesit as gesprekke tussen innerlike stemme. Dana Snyman sê daaroor: "Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie."

Churchil Naudé se digbundel se titel Drol in die Drinkwater het verskuiwings in die literêre wêreld veroorsaak. Hy bewys nie net dat hy die uitmuntend in standaard Afrikaans dig nie, maar ook in Kaaps Afrikaans wat die grense tussen die twee afbreek en Afrikaans as ‘n groter, magtiger taal uit die saak laat tree. “Liefde in lorries”, woorde wat smeek, preek, lag en huil en ons almal mens laat voel. Wat die menslikheid van die gene aan die anderkant van die draad ook insien, erken en betrek. Uitstekende boek om te hê in die landskap waar ons vandag wil kyk na die ware omvang van Afrikaans.

So kom kyk hoe word hierdie woorde lewendig en deel saam met ons in die genot van ‘n lewende letterkunde met Riku, Jackie en Churchil in lewende lywe.

Die trippelboekbekendstelling beloof om ‘n baie interaktiewe affêre te wees. Enige iemand wat enige vrae het vir enige of al drie die skrywers sal welkom wees om die vrae te stel, of die publiek is ook welkom om enige versoeke te openbaar as daar iemand is wat graag ‘n sekere vers of stukkie prosa wil hoor is welkom om dit aan te vra. Soveel as wat die tyd ons toelaat, want musiek sal verseker die laaste sê hê.

Menu

Grilled coronation chicken wrap with mango chutney and crispy potato wedges - R100
Gourmet rump steak roll with caramelised onions, relish and crispy potato wedges - R100


Click HERE to get your tickets via Quicket.