Philipstown Interskou

ARCHIVED PAST EVENT
Philipstown Interskou
TIME:    12h00
COST:    R200
VENUE:    Vrede Plaas, Philipstown
Northen Cape
MAP

Die Philipstown Interskou vind plaas op 22 Junie 2024 op Vrede Plaas, Philipstown. Kom geniet die dag saam met ons!

Die Philipstown Interskou vind plaas op Saterdag, 22 Junie 2024 op Vrede Plaas, Philipstown, en daar is iets vir almal.

Vrede, die plaas van Diederik Vermeulen, gaan omskep word in ’n rondomtalie van aktiwiteite wat landboubesprekings, 'n damesprogram, en wynproe insluit, en natuurlik sal plek maak vir die Jongooiklubs Skou.

Geoff Kingwell van BKB gaan 'n paneelbespreking met gassprekers Isak Staats (BKB), Peter Ackroyd (Campaign for Wool), Jacques le Roux (OVK), Dan Kriek (NWKV), en Deon Saayman (Cape Wool) lei.

Kom geniet 'n glasie Simonsig wyn in die Simonsig wyntuin. Daar gaan ook verskeie ramuitstallers wees, en kosstalletjies en ander stalletjies om van te kies.

Verskeie kunstenaars gaan optree, en die dag gaan afgesluit word met 'n konsert deur Appel.

Vir seker 'n dag wat nie gemis moet word nie!

Kaartjies beskikbaar by Michelle van Zyl: 083 651 1082