Pampoenpret by Babylonstoren

ARCHIVED PAST EVENT
Babylonstoren
TIME:    17h00
COST:    R250 pp
VENUE:    Babylonstoren
Franschhoek
MAP

Gesinne word genooi om pampoenfees saam met die tuinspan te vier op Vrydag 1 Maart by Babylonstoren, Franschhoek.

Vier pampoenfees saam met ons Babylonstoren tuinspan – die kinders is mal hieroor! Kom saam op die skattejag: ons spring oor die reusepampoen en kruip tot binne-in die Slak, oortrek met kalbasse en goeters van allerhande groottes en vorms. In die Pofaddertonnel vertel ons jou meer van verskillende pampoensoorte: Turkse tulband, die plat wit ou boerpampoen, oranje Cinderella, heerlike goue hubbardpampoen, gespikkelde swaan, smullekker muskaat en natuurlik Halloween. Ouers sal hul kinders help om te sny, skep, kap en druk.

Ná al die harde werk steek ons ’n kersie binne-in die pampoen aan. Kom geniet na hartelus worsrolletjie en ’n smullekker roomys by die Glaskas Restaurant.

Slegs 50 plekke beskikbaar (maksimum 2 kinders per 1 volwassene). Volwassenes moet ook ’n plek bespreek.

Nota: Omdat daar met skerp voorwerpe gewerk word, moet kinders deur ’n volwassene vergesel word. Maksimum twee kinders, tussen 5 en 10 jaar oud, per volwassene. Hierdie werkswinkel word in Afrikaans aangebied. Volwassenes moet ’n plek vir hulself bespreek en die toepaslike fooi betaal.