The Bookshelf at Ken Forrester Wines: Gesprek Tussen Skrywers

ARCHIVED PAST EVENT
Ken Forrester Wines
TIME:    18h00-21h00
COST:    R250 pp
VENUE:    Ken Forrester Wines, corner of Winery Road and R44, Raithby
Stellenbosch
MAP

Kom sluit gerus by ons aan in die Wine Lounge by Ken Forrester Wines op Donderdagaand 17 September 2026 vir die vierde geleentheid van The Bookshelf.

Sonder om enigsins te oordryf lewer 2026 ‘n voortreflike oesjaar wat misdaadfiksie en spanningsverhale in Afrikaans betref. Die vierde aflewering van The Bookshelf by Ken Forrester Wines was juis saamgestel met die oogmerk om ‘n keur van hierdie uitstaande boeke te help verhelder, soos net ‘n intieme, diepgaande gesprek tussen skrywers en onderhoudvoerder en boekmens Jonathan Amid kan.

Nie minder nie as vier van ons land se opwindendste stemme sluit dus by ons aan om meer oor hul proses en nuutste publikasies te vertel: Rudie Van Rensburg (Enigma); Carel van der Merwe (Die Serwiër); Martin Steyn (Blinde Kol) en DeWet Bisschoff (Kuberverraad).⁠
⁠
Sluit gerus by ons aan in die Wine Lounge by Ken Forrester Wines op Donderdagaand, 17 September 2026 tussen 18h00 tot 21h00. Dit beloof oudergewoonte ‘n onvergeetlike aand van uitsonderlike wyn, heerlike kos, samesyn uit die boeke en voortreflike gesprek. Landgoedwyn sal ook teen ‘n spesiale prys te koop wees, met al vier die skrywers se nuwe boeke wat te koop aangebied sal word.⁠
⁠
Kaartjies is R250 per persoon en sluit in wyn, ‘n ligte ete en toegang tot die gesprek tussen Jonathan Amid, Rudie Van Rensburg, Carel van der Merwe, Martin Steyn en DeWet Bisschoff.⁠
⁠
Om jou kaartjies te koop, kliek HIER.