O my Folk!

ARCHIVED PAST EVENT
Cara
TIME:    20:00pm
COST:    200.00
VENUE:    Rietvallei wine estate
Robertson
MAP

Met Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee Band en Johrné van Huyssteen. Musiekregie deur Matthys Maree.

Optog! is die grootste enkele konserttoer deur plaaslike sangers, akteurs en musikante en gaan poog om op innoverende wyse weer van ons land se gewildste musiek- en teaterproduksies planke toe te bring. 

Afrikaanse musiek het ‘n lang pad gestap sedert die Voëlvry-beweging in die tagtigerjare. Koos Kombuis het baie myle gereis sedert daardie opspraakwekkende en betekenisvolle kampustoere wat "Afrikaans wou vry maak van sy verlede". Op hierdie verhoog kruis sy pad met die jongelinge, Herman Kleinhans en die Bottomless Coffee Band. Kortpad-reisigers. In ‘n nuwe, moderne, teerpadplek. Maar net soos Koos destyds, is hulle besig om met musiek en liriek weer nuwe bakens en rigtingwysers langs ons landspaaie in te kap! Johrné van Huyssteen beman die verversingspos by hierdie besondere kruising. As lid van die destydse groep, dDisselblom, het hy ook wyd getoer.

80 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15 / Geen alkohol behalwe Rietvallei wyne.

Hekke open om 18h00. Bring jou eie eetgoed of bespreek ‘n opsionele piekniekmandjie vir twee persone.

OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.

Optog! Kortpad/Langpad - Kaarties nou beskikbaar https://itickets.co.za/events/415665