Pinotage in konsert met Anton Goosen, Schalk Joubert, Valiant Swart en Viljoen Retief

ARCHIVED PAST EVENT
Pinotage Association
TIME:    18:30
COST:    R150
VENUE:    Neethlingshof Wine Estate
Stellenbosch
MAP

Die Pinotage Assosiasie bied weer met trots n opelug konsert en piekniek by Neethlingshof op 5 Maart 2020 aan. Die aand beloof om weer n hoogtepunt in die Wynland te wees met lekker kos, goeie wyn en vertonings deur Afrikaanse musiek legendes soos Anton Goosen, Schalk Joubert, Valiant Swart en Retief Viljoen.

Retief Viljoen , bekend vir liedjies soos ‘Droomvanger’  en ‘Soos die wind’ , gaan die konsert open en gaste vermaak met sy bekende liedjies.

Hy gaan gevolg word deur die legendariese Valiant Swart wat die gaste gaan trakteer met sy liedjies wat oor drie dekades strek.

Daar heers ook groot opgewondeheid om weer vir die liedjieboer , Anton Goosen , en Schalk Joubert saam op die verhoog te sien waar hulle n fees van Afrikaanse liedjies gaan sing. Goosen het onlangs veertig jaar in die musiek bedryf gevier en sy tydlose liedjies gaan een van die hoogtepunte van die aand wees.

Heerlike kos en wyn gaan te koop aangebied word , maar besoekers is ook welkom om hul eie piekniek- mandjies met kos te bring (maar geen eie alkholoiese drankies kan ingebring word nie)

Die koste beloop R150  (aanlyn verkope en R180 by die hek) en kinders onder 12 se toegang is gratis

Kaartjies beskikbaar by Quicket of Neethlingshof se Proelokaal.

Kom geniet hierdie familie-vriendelike musiek en kos fees saam met Afrikaanse musiek legendes.